‘n Toekoms vir die Afrikaner in
Afrika?
Die
Afrikaner is besig om totale vernietiging tegemoet te gaan onder die bewind van
‘n korrupte, selfsugtige, onbevoegde en ongeërgde swart meerderheidsregering.
Groot ophef word gemaak van die sogenaamde feit dat die regerings wat tans in
Namibië en Suid-Afrika oor die Afrikaner regeer, demokraties verkose regerings
is. Dit is egter nie die waarheid nie. Die term “demokrasie” of “demokraties”
beteken regering deur die volk. Binne die huidige dispensasies in beide Namibië
en Suid-Afrika word daar geensins erkenning aan volk en/of volkere gegee
wanneer dit kom by verkiesings betreffende die verskillende vlakke van regering
nie. Beide Namibië en Suid-Afrika se bevolkings is saamgestel uit ‘n wye
verskeidenheid volkere, elk met sy eie waarde-sisteem, geskiedenis, afkoms,
kultuur, taal, gewoontes, gebruike, voorkeure, belange, aspirasies,
vooruitsigte en ideale. Hierdie volks-belange gaan egter reguit in die rioolput
in omdat volkere moet swig voor ‘n massa stemvee wat letterlik soos skape deur
propaganda en politieke leuens in ‘n bepaalde rigting gejaag word; ‘n rigting
wat geensins die belange van volke en selfs indiwidue dien nie, maar slegs
daarop ingestel is om die persoonlike voordele en belange van bepaalde indiwidue
en die duiwel te bevoordeel. In Suid-Afrika en in Namibië kan ons inderdaad sê
dat indien jy deel is van ‘n bepaalde volk en/of belangegroep jou stem
hoegenaamd niks in ‘n verkiesing beteken teen die magtige golf van die stem van
die stemvee nie. Ons het dus inderdaad in Suid-Afrika en Namibië geen ware
demokrasie (regering deur die volk) nie; ons het hier slegs wat jy op sy beste
kan noem ‘n demoonkrasie. Dit is regering deur die massa volgens die wil van
diegene wat agter die skerms die media en propaganda-middele beheer. En as jy
gaan kyk na wat in die media aangaan, dan kan dit net die duiwel wees wat agter
die skerms die media beheer. Jy moet letterlik blind wees as jy dit nie dadelik
raaksien nie. Kyk maar net na baie van die gemors-films wat DSTV vertoon en na
die gemors wat in baie tydskrifte verskyn (Huisgenoot ingesluit), dan sien jy
wie is in beheer van die media.
Daarom
het dit nou dringend tyd geword dat Afrikaners ernstig, positief en
konstruktief sal besin betreffende hulle eie toekoms. Wanneer dit gedoen word,
moet in gedagte gehou word dat daar al vele pogings deur verskeie instansies in
die verlede was wat hulle bemoei het met hierdie saak. Oënskynlik het geen van
hierdie pogings uit die verlede egter tot enige sinvolle realiteit gekom nie.
Die enigste wat nog ‘n mate van lewe vertoon, is die Orania-beweging. Met
hierdie opmerking wil ek geensins die Orania-beweging verkleineer en geringskat
in hulle pogings nie. Inteendeel, miskien moet ‘n groot deel van die blaam
gesoek word by Afrikaners wat nie betrokke is by ‘n organisasie soos die
Orania-beweging nie. Daar mag ook ander redes wees waarom die Orania-beweging
nog nie hierdie geweldige golf is wat ons hele volk met hom saamneem nie; een
waarvan die feit dat alle Afrikaners doodgewoon nie kanssien om op ‘n plek soos
Orania te gaan vestig nie. Dit mag wees dat die omgewing waar Orania geleë is
vir baie Afrikaners nie aanvaarbaar is nie. Dit mag ook wees dat dit ‘n
realitiet is dat Orania soos hy tans daar uitsien, net doodgewoon nie vir
Afrikaners die ruimte bied om daar ‘n ekonomiese bestaan te gaan maak nie.
Die feit
is egter dat ek met hierdie skrywe nie noodwendig die Orania-beweging wil
propageer nie. Ek wil ook nie diegene wat nie by die Orania-beweging betrokke
is, afkraak en blameer nie. Ek wil eerder my volksgenote aanmoedig om weer ‘n
poging aan te wend om positief na die oorlewing van die Afrikaner te kyk.
Hoekom wil ek dit doen? Gaan dit oor doodgewone nasionalistiese en patriotiese
oortuigings? Wel, beslis nie vir my nie. Ook in die verlede toe ek lustig
saamgesing het as ons Die Stem sing, en sê “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons
vir jou Suid-Afrika!” het ek dit nie gedoen bloot uit nasionalistiese en
patriotiese oorwegings nie. Dit het nog altyd oor ‘n dieperliggende saak
gegaan; dit waarvoor die ou Suid-Afrika gestaan het, nl. die eerbiediging van
die Naam van die HERE en die handhawing van die God-gegewe orde in ons land.
Dit is wat ek bedoel het wanneer ek gesing het “Ons sal lewe, ons sal sterwe,
ons vir jou Suid-Afrika!”, want dit is wat die ou Suid-Afrika vir my
verpersoonlik het. Vir daardie orde en vir die lewende God van hemel en aarde
SAL ek lewe en SAL ek sterwe! Ek sê nie dit is wat almal bedoel het wat saam
gesing het nie. Daar was verseker baie wat hierdie woorde gesing het met heel
ander bedoelings in die hart. Vir my het dit egter gegaan om God te eer juis
ook in die politiek en staatkundige hantering van ons land (Namibië en
Suid-Afrika) en al sy mense.
Hiermee
wil ek ook nie sê dat daar nie ook verkeerde dinge gebeur het in die sogenaamde
ou Suid-Afrika nie. Inteendeel daar was baie indiwidue wat die apartheidsisteem
misbruik het vir eie voordeel en gewin, en sodoende mense verontreg en baie pyn
veroorsaak het. Ek wil egter wel dit katagories hier stel dat niemand my sal
oortuig dat dit dr. Verwoerd se bedoeling was om mense te verontreg en van
hulle Godgegewe menswaardigheid te ontneem nie. Die apartheid van ‘n dr.
Verwoerd het juis ten doel gehad om al die mense van Suid-Afrika die
geleentheid te gee om tot hulle volle wasdom te laat kom. Daar word egter baie
gelieg oor dr. Verwoerd en sy beleid. Vandag is hy lankal dood, en nie hier om
homself te verdedig nie. Die onderduimshede en oneerlikhede van Nasionale Party
politici wat na dr. Verwoerd die leisels in die hande gehad het, word
verkeerdelik aan dr. Verwoerd toegedig. Dr. Verwoerd was ‘n opregte
christen-gelowige mens wie se waardes en beginsels van sodanige hoë stand was,
dat die duistere gemoedere van sommige mense in die wêreld en selfs binne sy
eie party dit nie kon hanteer nie; in so ‘n mate dat mense saamgesweer het om
hom te laat vermoor. Dit het hulle dan ook gedoen, en Suid-Afrika en Namibië
onherroeplik op die pad van verwêreldliking en die dien van afgode geplaas om
sodoende die guns van die duiwelse heersers van hierdie wêreld te wen. In
hierdie proses het die ware belang en voordeel van die mense van Suid-Afrika en
Namibië heeltemal op die agtergrond verdwyn. Dit word slegs as ‘n rookskerm na
vore gebring om die immorele agendas van die duiwels-aanhangers in die
politieke arenas van Suid-Afrika en Namibië te verberg. Die werklikhede in
hierdie verband is duidelik sigbaar wanneer die lewensomstandighede van alle
mense wat tans in Suid-Afrika woon vergelyk word met die lewensomstandighede
van alle mense in Suid-Afrika in die 1950’s en 1960’s. Swart mense getuig
vandag self dat in die 1950’s 1960’s het hulle beter behuising, skole,
gesondheidsdienste, veiligheid en sekuriteit in die algemeen gehad as wat
vandag in die algemeen die geval is in Namibië en Suid-Afrika. Al die gehoe-ha
oor menseregte en die bose euwel van apartheid ten spyt. Korrupsie het in die
tyd van ‘n Malan, Strijdom en Verwoerd basies glad nie bestaan nie. Eerbaarheid
en integriteit was in daardie era ‘n ononderhandelbare vereiste vir enige-een
wat hom in die landsregering wou laat
betrek. Wanneer enige immoraliteit in hierdie verband sy kop uitgesteek het, is
daar beslissend en effektief daarmee gehandel.
Lang
storie kort, wat wil ons hê? Ons wil ‘n Verwoerdiaanse Afrikaner-republiek hê.
Ons wil vir geen ander volk voorskryf wat hulle moet doen nie, maar ons kan ook
nie langer bekostig dat daar vir ons voorgeskryf word nie. Ons wil ware
demokrasie hê waar ons as volk oor onsself kan regeer. Ons wil nie langer deur
ander volkere en/of deur die stemvee-massa geregeer word nie. Ons wil ‘n land
en ‘n samelewing hê waar die Drie-enige God ge-eer sal word, waar die Bybel ‘n
ereplek sal hê, waar Afrikanerkinders binne ‘n omgewing van Bybelse- en
Afrikanervolks-waardes opgevoed kan word, waar liefde en wedersydse respek, en
veral respek vir mense-lewens ononderhandelbare beginsels sal wees. Ons is
bereid om self te werk vir so ‘n land en samelewing. Erken net ons reg daartoe,
en gee ons ‘n regmatige deel (grondgebied) van Namibië/Suid-Afrika waar ons
hierdie samelewing kan vestig en kan uitbou. As julle dan vir niks verder
kanssien nie, gee dan maar vir ons Orania met sy omringende grondgebied sodat
ons daar ‘n eie regering kan hê waarvoor ons as Afrikaners kan stem; ‘n
regering en verkiesings waar my demokratiese stem regtig wel iets sal beteken.
Gee vir Orania dan volle staatkundige onafhanklikheid. Miskien kan ons nie
almal daar gaan woon en werk nie, maar ek kan steeds as Afrikaner daar as
kieser geregistreer wees en my stem op ‘n gereelde basis uitbring vir ‘n
Afrikanerregering wat sal ywer ook vir my belange, al bly ek nie daar nie (net
soos wat baie Duitsers wat hier in Namibië woon, deelneem aan die verkiesings
in Duitsland, en net soos wat baie Suid-Afrikaners wat in Engeland woon,
deelneem aan die verkiesings in SA). Dit is darem iets!! Nou, op die
oomblik het ons NIKS!!!! Daar is geen Afrikaner iewers in Suider-Afrika wat
werklik kan sê dat sy/haar stem enige-iets beteken nie!!